Soms skryf die lewe die mooiste stories op plekke waar ons dit die minste verwag.

Ons verhaal het begin in ’n tyd van verlies — toe Zirk sy pa verloor het. Te midde van die hartseer en verandering het ons paaie gekruis. Wat aanvanklik net ’n ontmoeting was, het met tyd gegroei tot ’n liefde wat ons lewens vir altyd sou verander.

As dit nie vir Zirk se pa en die pad wat die lewe daardie tyd vir ons geloop het, was nie, sou ons dalk nooit ontmoet het nie. Daarom sal hy altyd, op ’n besondere manier, deel wees van ons verhaal.

Deur dik en dun het ons saam gegroei. Ons het mekaar deur ons studentejare gedra — deur lang dae, moeilike eksamenreekse, onseker tye en die groot besluite oor ons toekoms. Ons het saam gelag, saam gehuil, mekaar moed ingepraat en geleer dat liefde nie beteken dat alles altyd maklik is nie, maar dat jy weet dat jy iemand altyd langs jou te staan wanneer dit moeilik raak.

Met elke uitdaging het ons nader aan mekaar gegroei, en met elke nuwe hoofstuk het ons besef dat ons nie net verlief is nie, maar dat ons saam ’n lewe wil bou.

Uit ’n tyd van verlies het iets besonders ontstaan.

Uit ’n toevallige ontmoeting het liefde gegroei.

En uit daardie liefde het ons ontstaan.

Nou staan ons op die vooraand van ons mooiste hoofstuk — ’n lewe saam, met al die drome, avonture, uitdagings en mooi oomblikke wat nog voorlê.

Ons kies mekaar. Vandag, môre en vir altyd.

Ons Liefdesverhaal

Venue Maps

Adres

Simbali Lodge & Function Venue